Sarie Magazine - Page 1 of Article

Sogenaamde “toksiese verhoudings” is so deel van die lewe soos asemhaal. Tussen mans en vroue, vriende, ouers en kinders. Of jy’t dalk ‘n toksiese verhouding met kos of drank. En enigeen kan daarin beland, van Benoni tot Hollywood. Die langbaan-sangsensasie Tina Turner het uit só ‘n erg toksiese verhouding met haar eertydse man, die musikant Ike, onsnap ndat hy haar emosioneel en fisiek afgetakel het. Die toksiese verhouding tussen die Amerikaanse sportster OJ Simpson, wat sy vrou, Nicole Brown, na bewering vermoor het, is nog ‘n klassieke voorbeeld van hoe dinge kan skeefloop as jy nie betyds ingryp nie … Baie is al geskryf oor die aktrises Jennifer Ansiton, Drew Barrymore en Meg Ryan se toksiese verhoudings met hul ma’s. En dan is daar die voorbeeld van Oprah Winfrey, wat gereeld vertel hoe sy die afgelope paar jaar toksiese verhouding met kos oorwin het.

TOKSIES -
VANWAAR DIÉ TERM?
Dr. Rosa Bredekamp, ‘n voorligtingsielkundige van Durbanville, Kaapstad, sê toksiese verhoudings laat jou soos die slagoffer van jou omstandighede voel. “Dié verhoudings is gedurig in ‘n krisis en chaoties. Een party voel altyd verantwoordelik om die probleem op te los.” Byvoorbeeld: Kinders van ‘n alkohol-verslaafde ouer voel dikwels verantwoordelik om vir dié ouer te sorg. “Dit veroorsaak groot woede by die beredderaar - die kind,” sê Rosa. En in huwelike waar geweld voorkom, is die man gewoonlik die oortreder en die vrou die slagoffer. In dié verhoudings

word geweld dikwels met intimiteit verwar. Gevegte is dus die enigste manier waarop paartjies “intiem” bymekaar betrokke is, verduidelik sy. “Die boelie was dikwels as kind self ‘n slagoffer, wat deur ‘n ouer persoon mishandel of misbruik is. Seksule oortreders was dikwels self gemolesteer as kind.” Kinders voel dikwels in dié verhouding verantwoordelik vir die onmin in die huwelik en wil dit oplos. “Die probleem is dat slagoffers en boelies dikwels geneig is om mekaar aan te trek en die sogenaamde slagoffer-driehoek teenoor mekaar uit te speel omdat al die partye (byvoorbeeld kinders as derde been van die driehoek) uiteindelik slagoffers word. Soms raak hulle ook as’t ware ‘verslaaf’ aan die toksiese verhouding.” Dit lyk asof daar al hoe meer rampspoedige toksiese verhoudings is as mense na die voorkoms van passie- en gesinsmoorde kyk. Maar Rosa meen dit was nog altyd deel van die samelewing, maar dit word die afgelope paar jaar meer uitgelig weens beter navorsing, mediadekking, ‘n Westerse lewenstyl wat fokus op materiële waardes, en veranderde gesinswaardes en lewenstyle. In The Giant Puzzle (Stormberg Publishers, R 115) skryf Alastair van Huyssteen oor hoe mens die trauma van intieme verhoudings wat besig is om te verbrokkel kan oorleef. As prokureur was hy die >
Spesifieke raad
1. Vriendskap
Gesonde, duidelike grense is fundamenteel in enige verhouding. As jy weet waar jou vriende die grens trek met gunste, intimiteit en lenings en jy respekteer dit, dan hoef iets soos byvoorbeeld om geld te leen nie die vriendskap toksies te maak nie.

2. Kos
“’n Toksiese verhouding met kos beteken jy hanteer die simptome van ‘n probleem, eerder as die oorsake soos stres, woede ‘n lae selfbeeld en pyn,” verduidelik Sandy Goldberg, ‘n Kaapse leefstylkonsultant. “As jy eet, probeer jy dus die onaangename emosies blokkeer. Toksiese kosverhoudings veroorsaak dikwels siektes wat aan verkeerde leefstylgewoontes gekoppel word soos diabetes, hartkwale en hoë bloeddruk. Dit het weer ‘n toksiese uitwerking op mens se gesondheid.” Toksiese verhoudings met kos is wêreldwyd algemeen. Kyk maar na

glanspersoonlikhede soos Kate Winslet, Oprah en Kirstie Alley oor wie se gewig die media voortdurend berig. “Die dieetbedryf is groot, wêreldwyd is vetsug onder volwassenes en kinders ‘n kopseer vir die Wêreldgesondheidsorganisasie. Dieetsiektes soos bulimie en anoreksie bevestig ook in watter greep kos die mensdom het,” sê Sandy.

Haar wenke:
• Probeer vasstel watter emosies jou laat eet.
• Hou ‘n kosdagboek
• Drink 8 glase water per dag.
• Doen iets wat jou aandag van kos sal aflei.
• Probeer dink aan maniere om jou emosies te verwerk - wat nié eet behels nie.
• Eet gesonde alternatiewe vir die kos waarna jy smag.
• Moenie jouself té veel ontsê nie, want dan gaan jy in elk geval later ooreet.
• Kry professionele hulp.


This article was published in the Sarie Magazine in October 2005
Go to page 2 of the article > >

email@giantpuzzle.co.za