< afgelope 30 jaar betrokke by mense
wat intense verhoudingskrisisse beleef het. Hy het die afgelope sowat
15 jaar medici in medies-geregtelike aangeleenthede verteenwoordig,
wat hom ook bewus gemaak het van die biochemiese faktore (dwelms, drank medikasie)
én emosionele uitwerking op verhoudings. Alastair meen toksiese
verhoudings veroorsaak dikwels erge verhoudingstrauma en dat dit tot
egskeiding kan lei, maar dat mens versigtig moet wees vir etikette.
“Alle verhoudings tussen mense is waarskynlik by tye ietwat toksies.
Daar is nie eintlik ‘n eerlike, objektiewe norm waaraan aanvaarbare
gedrag gemeet kan word nie. Dit hang af van die relatiewe psiges van
die betrokkenes. Die grense bly ‘n persoon se keuse … Klaarblyklik
is daar grade en soms raak dinge só erg en herhalend dat die
verhouding wel as toksies beskou kan word. Maar dis soms net die verhoudings
wat ‘siek’ is, nie die mense daarin nie, want ‘n ‘verhouding-siekte’
kan enige verhouding tref. Dis nie noodwendig ‘n negatiewe refleksie
van die mense in die verhouding nie.” Alastair wys op sekere patroonmatighede
in toksiese verhoudings. ”Onderliggend het dit dikwels te make met
wedersydse selfbeeldprobleme - soms uit die kinderjare en gepaargaande
vrese, angste en depressie. Biochemiese afhanklikheid (alkhohol, medikasie,
dwelms, selfs hormonale vlakke) speel gewoonlik ook ‘n rol, maar tussenin
is daar ander onderliggende dinamika, wat soms nie meer raakgesien
word wanneer ‘n etiket om die verhouding gehang word nie. Dit kan
die oorblywende positiewe energie, wat dalk kon help om die verhouding
te ‘normaliseer’ verlore laat gaan.” Rosa sê
dis baie makliker om in ‘n toksiese verhouding te beland as om daaruit
te ontsnap. “Mense beland dikwels daarin omdat hulle sekere gedragspatrone
in hul kinderjare aangeleer het, maar mense durf die verlede nooit
as verskoning gebruik nie. Dit uitdaging is juis om ons eie lewensfilosofie
uit te werk. “Baie mense besef nie eens hulle is |
Spesifieke raad |
3. By
die werkplek
Party mense wil altyd hul kollegas en baas plesier, selfs
ten koste van etiek en hul eie gesondheid. Rosa vra: “werk
jy onnodig oortyd, wat kan maak dat jy uitbrand? Doen jy heeltyd
gunsies vir ander ten koste van jou eie werk?” Mense in toksiese
werkverhoudings doen ampter enigiets om bo uit te kom - seksuele
verhoudings, manipulasie, korrupsie, gee ander die skuld vir
hul foute, of skeep hul familie af. “Die gedragspatrone het
te make met mense se eie persepsie van selfwaarde. As jy deur
geld, status en ander se goedkeuring gedryf word, kan jy maklik
vasgevang raak in toksiese werkverhoudings,” waarsku Rosa
Haar oplossing?
• Herdefinieer wat positiewe selfwaarde vir jou beteken.
• Ontwikkel nuwe, opbouende doelwitte vir jou beroep en persoonlike
lewe.
• Lê gesonde grense neer in die werkplek.
4. Ouers en kinders
Leënes-sindroom en nou sit jy en jou man vas? Dis nie
noodwendig die uitvloeisel van ‘n toksiese verhouding nie.
“Sien dit in perspektief,” sê Rosa. “Dikwels raak ouers
oorbesitlik oor hul kinders wat die huis verlaat omdat hulle
twyfel aan die opvoeding wat hulle hul kinders gegee het.
Veral ma’s moet besef hul rol as ouer bly nie dieselfde van
die kind se geboorte af nie. Net soos die tyd om stories te
lees verbygaan, kan mens nie vir altyd aan jou kinders vasklou
nie. Ouers wil hul kinders beskerm, maar kinders móét
onafhanklik leer wees en verantwoordelikheid neem vir hul
keuses. Hulle kan dit net leer as ouers hulle toelaat om foute
te maak. As ouers nie hul opvoeding vertrou nie, kan dit ontaard
in ‘n verhouding van oorbeskermdheid, wat tot die leënes-sindroom
kan lei. “En ouers wat hulself uitsluitlik definieer as ‘n
‘ouer’, skeep soms hul maat af omdat hulle ál hul energie
in die kinders werp. Wanneer kinders dan die huis verlaat,
word die ‘rede vir hul bestaan’ so te sê verwyder. Dit
kan huwelikskonflik en depressie veroorsaak. Goeie ouerskap
word gevoed deur ‘n gesonde huweliksidentiteit. Behou die
balans en voorkom só ‘n toksiese huwelik.
|
|
in ‘n toksiese verhouding nie, of hulle
is te bang om dit te verbreek. Party vroue wat daaruit probeer losbreek
het, het al in die verlede met hul lewe geboet (sogenaamde femicide).
“Soms kan mense dit geldelik nie bekostig om te loop nie. Ander het
dalk so gewoond geraak daaraan dat hulle nie die selfvertroue het
om die kettings af te werp nie. Óf hulle glo valslik hulle
het die ander party nodig vir oorlewing. Baie mense klou ook aan die
droom van ‘n beter verhouding.” En dan is daar ook die skrikwekkende
realiteit dat baie vroue (en mans) net nie glo hulle verdien ‘n beter
verhouding nie! “Die Afrikaanse kultuur was te lank patriargaal en
dit het bygedra dat vele vroue van jongs af nie glo hulle verdien
die beste nie,” meen Rosa. “Die teendeel is egter ook aan die gebeur:
Die emansipasie van vroue het vele mans die afgelope twee dekades
laat begin wonder of twyfel oor die rol van die man in verhoudings.
Dit dra daartoe by dat mans ook soms nie vir hulself die beste in
die lewe gun nie.” Dis egter belangrik om te onthou dat “gewone woede”
‘n positiewe rol speel in verhoudings, waar mense direk met mekaar
daaroor praat en dit probeer oplos, pleks van ignoreer. “Slegs subtiele
emosionele oorlogvoering, minagting en oorheersing is intimiderende
gedrag. En dis gerig op emosionele mishandeling, wat skadelik is vir
enige intieme verhouding. Nie alle mans wat hul vroue emosioneel of
verbaal afknou, is fisieke mishandelaars nie, maar bykans alle fisieke
mishandelaars sal hul vroue ook emosioneel mishandel,” sê Rosa.
HOE GEMAAK OM TE ONTSNAP?
“Dit beteken nie noodwendig jy moet die verhouding los nie, hoewel
dit soms die enigste oplossing is,” meen Rosa. En Alastair verduidelik:
“Die meeste mense in gelukkige verhoudings het ‘n gesonde afhanklikheid
van mekaar. Wanneer iemand egter altyd ongelukkig is en naderhand
dink dis ‘normaal’, begin hulle vergeet hoe dit voel om gelukkig
te wees. Dis wanneer hulle ook dikwels sukkel om hul eie grense
te trek. Maar daar is ‘n voortdurende wisselwerking tussen selfbeeld
en die vermoë om jou grense te trek.” Sy raad: As jy nie meer
oor dié vermoë beskik nie, oorweeg sielkundige hulp.
“Onderskei ook altyd tussen waardes en rolmodelle. Aanvaar
dat jy as mens nie ‘n soort god is nie. Jy hoef nie ánder
rolmodelle te hê nie. Besef jy is jou eie beste rolmodel en
maak só beter keuses. Wees versigtig vir die raad van vriende,
familie en dogmatiese mense. Luister na jou instinkte.” Rosa meen
ontkenning en weerstand teen verandering speel ook dikwels ‘n groot
rol om te bepaal of ‘n persoon die toksiese verhouding werklik wil
oplos. “Mens moet besef jy is deel van die probleem, maar ook deel
van die oplossing. Sogenaamde neurolinguistiese programmering leer
mens dat as iets nie werk nie, moet jy dit verander. Vra jouself
af: Werk my huidige benadering tot die lewe wat my doelwitte, gesondheid
en persoonlike groei betref? Indien nie, verander dit. Soms moet
jy jou voet neersit en sê: Tot hiertoe en nie verder nie.”
Jy kan gewoonlik teenkanting van die ander party verwag, maar hou
voet by stuk. Soms is dit selfs nodig om álle > |