kontak met die ander party te vermy. Rosa voeg by: “Wanneer
vriende of ouers probeer om iemand uit ‘n toksiese verhouding te red
sal dit nie die probleem oplos nie. Dit veroorsaak dat die slagoffer
mentaliteit vererger en dat só ‘n persoon opnuut van ander
se bereddering afhanklik raak. Die ‘slagoffer’ moet juis leer om hulpeloosheid
in selfgelding te verander. Skuldgevoelens moet omgesit word in vergifnis
en erkenning van ander moet na selferkenning verander.” Alastair reken
mens moet ook baie aandag gee aan “toksiese skuldgevoelens”, wat dikwels
deur manipulatiewe gedrag uitgebuit word. “Veral mense wat verslaaf
is aan drank of dwelms, ontwikkel ‘n instinktiewe vermoë tot
manipulasie. Deur op die ander party se ‘skuld’ - of ‘vrees’ -knoppie
te druk slaag die manipuleerder daarin om |
die beste van albei wêrelde te behou - die verhouding
én die afhanklikheid. As die een met die skuldgevoelens besef
dat dit nie nodig is om skuldig te voel nie, word die manipulasie oorwin
en kan jy grense trek. Die ironie is dat dit gewoonlik ook in belang
van die verslaafde is om met ‘n vaste grens gekonfronteer te word
- om teen die grond te wees - voor die negatiewe patroon gebreek word.”
Rikus Keyser, ‘n dokter van Grodonsbaai, sê as mens nie toksiese
verhoudings reg hanteer nie, kan dit jou beslis liggaamlik skaad.
“Die psige en fisieke liggaam is onlosmaaklik deel van mekaar, ineengestrengel
soos ‘n bord spaghetti. Jou kop kán jou lyf siek maak. Die
spektrum is wyd. |
Daar is ook graadverskille. Dit kan wissel van hartkloppings
tot hartaanvalle, van n puisie-plaag tot kanker.
“In die behandeling van n kwaal met n psigiese oorsaak moet mens die
onderliggende situasie probeer regstel. Om byvoorbeeld net die maagseer
of hoë bloeddruk te behandel, is soos om ‘n gebrande koek mooi
te maak met versiersuiker. Behandeling behels ‘n spanpoging tussen
dokter, sielkundige, berader en/of ander terapeute.”
|